Header Artwork

AfriForum het vandag Wollies in Pretoria-Noord besoek as deel van die organisasie se Ankerdorppadskou. Tydens die besoek het die burgerregte-organisasie ingesamelde kos, speelgoed en komberse aan die diereskuiling oorhandig.

Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord, is die aksie se doel om dié mense by te staan wat die harde werk moet doen om vir hawelose honde en katte te sorg. “AfriForum ondersteun graag die organisasie in sy doel om vir dié honde en katte ’n heenkome te wees en daarom wil ons graag help. Ons het besluit om bome te plant sodat die diere nie in die son hoef te lê nie en ook om kos en speelgoed in te samel wat Wollies sal help om na die diere om te sien,” sê Grobbelaar.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN