Header Artwork
AfriForum-beheerkamer hanteer 885 gevalle in Januarie

AfriForum se beheerkamer vir Gauteng, Limpopo en Mpumalanga het in Januarie 2021 meer as 885 gevalle hanteer en die organisasie se buurtwagte in dié provinsies ondersteun. Die doel van die beheerkamer is om AfriForum-buurtwagte te versterk en te verseker dat hulp en die nodige hulpbronne vinniger ontbied kan word.

AfriForum-buurtwagte in die drie provinsies het in Januarie 660 patrollies gery (Gauteng 334, Limpopo 231 en Mpumalanga 95), waaraan 1 311 mense (Gauteng 660, Limpopo 461 en Mpumalanga 190) deelgeneem het.

’n Paar van die gevalle waar die beheerkamer bystand verleen het, sluit in:

Gauteng:

  • Die Pionier-buurtwagleier is gekontak vir hulp tydens ’n huisbrand en die brandweer is ontbied.
  • ER24 is ontbied en het die pasiënte na ’n hospitaal vervoer ná ’n vragmotorongeluk op die R583/N14-Krugersdorp-pad.
  • Nooddienste is na ’n motorongeluk in Roodepoort ontbied nadat twee voertuie reg van voor gebots het.
  • Die SAPD is na die R59 in Alberton ontbied waar verdagtes besig was om vragmotors aan die brand te steek en paaie te versper.
  • ER24 is na ’n botsing reg van voor tussen ’n minibustaxi en ander voertuig op die R41 by Krugersdorp ontbied.
  • ’n Lid van die AfriForum-buurtwag in Germiston het ’n botsing reg van voor in Primrose Hill op die nasionale radionetwerk aangemeld sodat ambulansdienste na die toneel ontbied kon word.

Limpopo:

  • Nooddienste is ontbied ná ’n motorongeluk op die N1 buite Nylstroom waarin drie voertuie en ’n vragmotor betrokke was.
  • Die brandweer is ontbied nadat ’n brand in Hermanstraat, Ellisras, gestig is.
  • Mediese dienste is ontbied na Reedbuckstraat, Lephalale, nadat ’n vrou met baie lae bloeddruk haar bewussyn begin verloor het. Die Ellisras-buurtwagleier het hulp verleen terwyl ER24 op pad was.
  • ’n Lid van AfriForum se Pietersburg-buurtwag het op die nasionale radionetwerk versoek om die SAPD te ontbied om ’n verdagte in hegtenis te neem wat tydens ’n inbraak vasgetrek is.

Mpumalanga:

  • Rolspelers is na ’n ongeluk op die R540 buite Dullstroom ontbied nadat die voertuig aan die brand geslaan het. ’n Dullstroom-buurtwaglid het die noodgeval op die nasionale radionetwerk aangemeld sodat nooddienste ontbied kon word.
  • Die brandweer en SAPD is na die Kusile-myn buite Witbank ontbied nadat die brandstofpyplyn aan die brand gesteek is. Twee verdagtes is gearresteer.
  • Die SAPD en mediese dienste is na ’n motorongeluk op die Kruisfontein-pad in die rigting van die Highlands Gate ontbied.

“Die beheerkamer is ’n belangrike hulpbron vir buurtwagte en speel ’n sleutelrol tydens noodgevalle. Uit die getal voorvalle en voortspruitende suksesse is dit duidelik dat die projek binne vier maande reeds ’n reuseverskil maak om gemeenskappe beter te ondersteun,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek.

Raak by jou naaste AfriForum-buurtwag betrokke en word deel van die verskil: SMS jou dorp se naam na 45353 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN