Dis tyd! Dis tyd vir jou en my om op te staan en hard en duidelik te sê ons het genoeg gehad van die regering wat ons stroop van ons hardverdiende geld en die belastinglas op ons net groter wil maak. Gewone mense kry al hoe swaarder en vind dit al hoe moeiliker om in die huidige ekonomiese klimaat te oorleef. AfriForum gaan die regering se voorgenome maatskaplike sekerheidsfonds, wat tot 12% van jou inkomste sal insluk, met alle mag beveg en teenstaan. Ons gaan binnekort omvattende stappe aankondig oor hoe ons belasting wettig kan vermy, hoe ons kan keer dat ons belastinggeld verder geplunder word en watter eise vir belastinghervorming ons aan die staat stel. #BelastingProtes