Misdaad is oral in die land ‘n probleem. Op Hluhluwe in KwaZulu-Natal tree die AfriForum-tak egter pro-aktief op om die gemeenskap te beveilig. Hier is een van die land se grootste beheerkamers en gevorderde rekenaartegnologie word ingespan om verdagte voertuie en verdagtes op te spoor en aan te keer. Die dorp is op die R22-roete na Mosambiek en ‘n gewilde roete vir smokkelhandel tussen die twee lande. Volgens Pierre Conradie, AfriForum-takvoorsitter op die dorp, is daar uitstekende samewerking met die plaaslike polisie en ander rolspelers wat hulle in staat stel om misdaad tot ’n minimum te beperk.
Soek
Onlangse nuus
- Forum Nuus: Die week se blitsflits
- AfriForum verwelkom rehabilitasie van Vryburg-vullisterrein
- Forum Nuus: Forum Sekuriteit wil veiligheid by skole verseker
- AfriForum se Belfast-tak kies nuwe bestuur
- AfriForum inspekteer Modimolle-rioolaanleg
- AfriForum dien korrupsieklag teen Fikile Mbalula en Departement van Vervoer in
- Tatjana en Bianca in ekstase oor prysgeld en steun van publiek
- Bring jou klein “prins” of “prinsessie” vir kinderboekvoorlesing by die AfriForum Teater
- Nuwe kameras help om Malalane te beveilig
- Stop lisensie-uitbuitery!