Invloedryke sakeman moedig miljardêr-denke onder entrepreneurs aan
deur Forum Nuus | Mei 27, 2021 | Forum Nuus, Video’s |
Die entrepreneur, waagkapitalis en skrywer van die topverkoper Dink soos ’n miljardêr, Daniel Strauss, het vandag tydens die bekendstelling van AfriForum Sakenetwerk se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie as gasspreker opgetree. Dié kompetisie, wat vir die vierde keer aangebied word, trek ’n nuwe baadjie aan en bied vanjaar nie net spogpryse nie, maar ook verskeie opleidingsgeleenthede vir entrepreneurs wat hul onderneming na die volgende vlak wil neem. Inskrywings vir vanjaar se kompetisie is oop van 27 Mei tot 31 Augustus. Vir meer inligting besoek: www.afriforumsakenetwerk.co.za