AfriForum se Witrivier-tak het op 8 Mei ’n slaggatherstelprojek afgeskop. Altesaam 40 sakke teer is gebruik om slaggate in Danie Joubert- en Drakensbergstraat op te vul. Die doel van dié projek is om paaie waarop voertuie teen ’n hoë spoed ry, te herstel om skade aan voertuie te verminder en motoriste se lewens te beveilig.
Daar sal verdere projekte aangepak word om hierdie probleem aan te spreek wat juis die buitewyke van Witrivier raak. Dit sal ook help dat toeriste veilig op die paaie rondom Witrivier kan reis.
“Hierdie tekort aan onderhoud deur die Mbombela Munisipaliteit en die Provinsiale Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer veroorsaak groot skade aan motoriste se voertuie. Ons sal nie toekyk hoe ons pragtige omgewing verwoes word deur wanadministrasie nie,” sê Dawie Ruthven, voorsitter van Witrivier se AfriForum-tak.
Die tak moedig die gemeenskap aan om by die projek betrokke te raak en deel te word van ’n beter toekoms. SMS jou naam na 45350 (R1) en sluit aan by AfriForum.