Header Artwork
AfriForum se Pongola-tak hou skoonmaakprojek   

Die AfriForum-tak in Pongola het Saterdag, 8 Mei, ’n skoonmaakprojek gehou langs die N2-pad wat deur Pongola loop.

AfriForum-lede, vrywilligers en verskeie ondernemings in die gemeenskap het gehelp om bome en struike te snoei en rommel op te tel. Sowat 32 vragte tuinafval en 56 sakke rommel is met drie trekkers en sleepwaens verwyder.

“Die doel van die skoonmaakprojek was om self in te spring en te veg teen ons dorp se agteruitgang. Baie vakansiegangers gebruik hierdie roete en dit is vir ons as inwoners van Pongola belangrik dat die dorp netjies is en ’n goeie indruk skep,” sê Alton Vlok, voorsitter van AfriForum se Pongola-tak.

“AfriForum se veg-en-bou-strategie sluit juis in dat ons die staat verantwoordbaar hou en druk toepas sodat hulle die werk moet doen, maar ook om self ons omgewing skoon te maak dat ons nie hoef te wag vir die staat om sy verantwoordelikhede na te kom nie,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Noord-Natal.

AfriForum se Pongola-tak wil die lede en ondernemings bedank wat daartoe bygedra het om hierdie projek ’n sukses te maak.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN