AfriForum se Kraaifontein-tak het op 15 April gereorganiseer. Gemeenskapslede kon hul insette lewer en nominasies maak oor die bestuurslede wat die tak sal verteenwoordig. Die takbestuur versoek soveel moontlik gemeenskapslede om by die tak betrokke te raak.
Die volgende persone is tot die bestuur verkies: Leendert Stoop (voorsitter), Jacques Groenewald (ondervoorsitter), Christo la Grange (tesourier), Theresa Mouton (sekretaris), Jacques Naudé (gemeenskapsveiligheid), Beverley Mazema (plaaslikeregeringsake), Eswill Mouton (omgewingsake), Letitia Groenewald (jeug) en Mari Stevens (gesondheid).
“AfriForum het sy Kraaifontein-tak gereorganiseer om die probleme wat inwoners ervaar uit die weg te ruim. Die nuwe takbestuur wil graag saam met die gemeenskap werk om volhoubare selfdoenprojekte van stapel te stuur. As ons as gemeenskap saamstaan en hard werk, kan ons ’n beter omgewing vir almal skep,” sê Leendert Stoop, die nuutverkose voorsitter van AfriForum se Kraaifontein-tak.
Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland, het die gemeenskap bedank vir hul insette tydens die reorganisasie, asook die bestuurslede vir hul bereidwilligheid om op die takbestuur te dien. “Die gevoel oor die nuutverkose bestuur is baie positief en ek glo dat die tak oor die nodige leierskap beskik om na die gemeenskap se belange om te sien.”
Die takbestuur versoek die gemeenskap om vandag nog by dié tak betrokke te raak: SMS “Kraaifontein” na 45265 (R1).