Header Artwork
AfriForum sal voorgestelde wysiging van die Gelykheidswet teenstaan

AfriForum het sy regspan opdrag gegee om volledige kommentaar voor te berei in reaksie op die regering se voorgestelde wysigings aan die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie (algemeen bekend as PEPUDA of die Gelykheidswet). Dié burgerregteorganisasie sal hierdie wysigings teenstaan omdat dit die definisie van diskriminasie so breed sal maak dat die wet as gevolg daarvan prakties onuitvoerbaar en selfs irrelevant kan word.

Die voorgestelde wysigings aan die wet word beoog om die omvang van die definisies van gelykheid en diskriminasie beduidend te verbreed, wat onder meer sal insluit dat opset om te diskrimineer nie meer ’n vereiste sal wees vir iemand om die wet te oortree nie. Verder word beoog om middellike aanspreeklikheid met betrekking tot diskriminasie in te voeg, wat onder meer sal beteken dat werkgewers aanspreeklik gehou kan word indien ’n werknemer die wet oortree, selfs al was die werkgewer nie daarvan bewus nie en selfs al het die werknemer nie met opset gediskrimineer nie.

Indien die wysigings deurgevoer word sal dit ook vir die staat ontsaglike mag gee om nieregeringsorganisasies, gemeenskapsorganisasies en tradisionele instellings te reguleer.

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum sê dat die voorgestelde wysigings van die wet dui op die regering se verwronge prioriteite. “Die land is in ’n ernstige ekonomiese krisis, misdaad neem krisisafmetings aan, die gehalte van onderwys is van die laagste in die wêreld en korrupte staatsamptenare gaan onverpoosd voort. Ten spyte hiervan blyk die regering se prioriteit steeds te wees om hulle met oorbodige regulering van sosiale kwessies te bemoei, eerder as om die werklike krisisse in die land aan te spreek,” sê Roets.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN