Header Artwork
AfriForum stig tak in Langebaan

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 29 Maart 2021 ’n nuwe tak in Langebaan gestig ná verskeie versoeke uit die gemeenskap.

Die nuutverkose takbestuur bestaan uit Denis Caldwell (voorsitter), Clement Matthews (ondervoorsitter), Cindy Caldwell (tesourier), Rhona Harwin (sekretaresse), Lee Ann van Riel (jeug), Gerhard Coetzee (omgewingsake), Etienne Kilian (veiligheid) en Sidney Monk (plaaslikeregeringsake).

Tydens die stigtingsvergadering het Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland, die organisasie se model en onlangse suksesse voorgehou. Mark Kuys, AfriForum se veiligheidshoof vir die suidstreek, het uitgebrei oor AfriForum se veiligheidsplan en -strukture, asook die voordele daaraan verbonde. Dit sluit geakkrediteerde opleiding, toerusting, ’n nasionale netwerk en waardevolle ervaring in. Verskeie bekommernisse oor die gebied is ook tydens die takstigting bespreek en die bestuur gaan aandag aan hierdie probleme skenk.

“Die nuutgekose bestuur is vuur en vlam om die probleme wat inwoners ervaar uit die weg te ruim. Die takbestuur wil graag saam met die gemeenskap werk om volhoubare selfdoenprojekte van stapel te stuur en hul gemeenskap te beveilig. Ons nooi alle bestaande AfriForum-lede en voornemende lede uit om met die onderskeie bestuurslede te skakel en by die tak se aksies betrokke te raak,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Langebaan” na 45265 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN