Header Artwork
AfriForum se Ermelo-tak help om buiteklaskamer op te rig

Die AfriForum-tak in Ermelo het in Desember en Januarie as deel van dié organisasie se #OnsDorp-projek gehelp om plaveisel ter waarde van R33 000 by die Pre-primêre Skool JJ van der Merwe te lê. Dié projek is aangepak om die skool te help om ’n buiteklaskamer vir die kleuters op te rig.

Die tak het gehelp om die gedeelte waar die klaskamer is skoon te maak en ’n kontrakteur is aangestel om die stene te lê. Die buiteklaskamer is ’n groot aanwins vir die kleuterskool en buiteklasaktiwiteite en verjaarsdagvieringe kan daar plaasvind.

“Skole vir ons kinders – en eendag kleinkinders ook – is vir ons baie belangrik en lê ons na aan die hart. Dit is vir ons as Ermelo-tak lekker om hoop te kan skep in ons skole,” sê Renier van Heerden, voorsitter van AfriForum se Ermelo-tak.

Raak vandag nog deel van AfriForum se Ermelo-tak en word deel van die verskil: SMS “Ermelo” na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN