Header Artwork
AfriForum se Centurion-tak werk hard om gemeenskap te verbeter

AfriForum se tak in Centurion het die afgelope week hul moue opgerol en gemeenskappe gehelp om probleme in die omgewing aan te spreek. Die tak het verskeie klagtes ontvang rakende probleemareas wat nie onderhou word nie en wat ’n gevaar vir inwoners inhou.

Die Centurion-tak het op 20, 21 en 22 Januarie onder meer gras gesny, vullis verwyder en die omgewing by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Lyttelton netjies gemaak.

Vanaf 21 Januarie is die tak besig om 12 gevaarlike kruisings langs die R101-pad te verbeter deur die gras, wat aansienlik hoog is, te sny om sodoende sigbaarheid vir motoriste te verbeter. “Daar is daagliks ’n paar noue ontkomings by van hierdie kruisings omdat motoriste se sig deur die lang gras belemmer word en dit dus onmoontlik is om aankomende verkeer te sien. Die Centurion-tak sal aanhou om probleme in dié gemeenskap aan te spreek,” sê André de Bruyn, voorsitter van AfriForum se Centurion-tak.

Verder is die tak besig om saam met ’n kontrakteur slaggate in Pierre van Ryneveld te herstel. Daar is vier groot slaggate wat probleme vir motoriste kan oplewer.

“AfriForum sal voortgaan om projekte aan te pak om die gemeenskap en omgewing vir almal te verbeter. ’n Gemeenskap kan soveel meer bereik as almal saamwerk en die probleme saam aanpak. Ons is baie dankbaar vir elke lid wat hierdie projekte moontlik maak en wil graag meer mense aanmoedig om betrokke te raak,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid.

Die tak beplan om deur die loop van die jaar verskeie projekte aan te pak en wil graag die gemeenskap uitnooi om hul Facebook-blad dop te hou en om by die groepe op die Telegram-toep aan te sluit.

Raak vandag nog by AfriForum se Centurion-tak betrokke om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Centurion” na 45341 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN