Header Artwork
AfriForum maak Vrystaat se blou-en-groendruppeluitslae bekend

AfriForum het van Augustus tot Oktober 2020 verskeie dorpe in die Vrystaat se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

Dié projek was vanjaar belangriker as ooit weens die COVID-19-pandemie en navorsing wat toon dat dié virus in rioolstelsels opgespoor kan word, wat beteken dat ’n mens brandpunte kan identifiseer.

“Ons kon vasstel dat verskeie areas se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets want inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivierstreek.

Bloudruppeluitslae

Dié uitslae dui daarop dat al die dorpe van Vrystaat se drinkwater wat getoets is, skoon is met die uitsondering van Boshoff, waar boorgatwater positief getoets het vir fekale koliform. Na die uitslag is die water ook getoets deur ’n SANAS-geakrediteerde laboratorium en daar is bevind dat die water wel geskik is vir menslike gebruik.

Plek Munisipaliteit 2018 2019 2020
Allanridge Matjhabeng PM Skoon Skoon Skoon
Bethlehem Dihlabeng PM Skoon Skoon Skoon
Bloemfontein- Sentraal Mangaung-metro Skoon Skoon Skoon
Bloemfontein (Fichardtpark) Mangaung-metro Skoon Skoon Skoon
Bloemfontein (Hospitaalpark) Mangaung-metro Skoon Skoon Skoon
Bloemfontein (Pellissier) Mangaung-metro Skoon Skoon Skoon
Bloemfontein (Rayton- Heuwelsig) Mangaung-metro Skoon Skoon Skoon
Bloemfontein (Uitsig) Mangaung-metro Skoon Skoon Skoon
Bloemfontein (Langenhovenpark) Mangaung-metro Skoon Skoon Skoon
Bloemfontein (Wilgehof) Mangaung-metro Skoon Skoon Skoon
Bothaville Nala PM Fosfate >25 dpm Skoon Skoon
Boshoff Tokologo PM Skoon Fekale kolivorme

(in boorgatwater)

Bultfontein Tswelopele PM Skoon Skoon Skoon
Dealesville Tokologo PM Skoon Skoon
Frankfort Mafube PM Skoon Skoon Skoon
Harrismith Maluti-A-Phofung PM Skoon Skoon Skoon
Heilbron Ngwathe PM Skoon Skoon Skoon
Hennenman Matjhabeng PM Skoon Skoon Skoon
Hertzogville Tokologo PM E. coli >1 000 kve[1] Skoon Skoon
Koppies Ngwathe PM Skoon Skoon Skoon
Kroonstad Moqhaka PM Skoon Skoon Skoon
Odendaalsrus Matjhabeng PM Skoon Skoon
Parys Ngwathe PM Skoon Skoon Skoon
Petrus Steyn Nketoana PM Skoon Skoon
Reitz Nketoana PM Skoon Skoon
Sasolburg Metsimaholo PM Skoon Skoon Skoon
Senekal Setsoto PM Skoon Skoon Skoon
Theunissen Masilonyana PM Skoon Skoon Skoon
Viljoenskroon Moqhaka PM Skoon Skoon Skoon
Welkom Matjhabeng PM Skoon Skoon Skoon
Wesselsbron Nala PM Skoon  
Winburg Masilonyana PM Skoon Skoon Skoon
Bloemfontein-kampus (Kovsies) Universiteit van die Vrystaat Skoon Skoon Skoon

 

Groendruppeluitslae

Volgens AfriForum se groendruppeluitslae voldoen slegs een uit die 14 rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is,  aan die gestelde mikrobiologiese standaarde.

Plek Munisipaliteit 2018 2019 2020
Bethlehem Dihlabeng PM Fekale kolivormige bakterieë >1 000 >10 000 Gesluit weens opgraderings
Bothaville Nala PM E. coli >1 500 >1 000 >1 000
Bloemfontein Mangaung-metro >1 000 >10 000
Bultfontein   >10 000 >10 000
Frankfort Mafube PM Skoon > 5 000 >10 000
Harrismith Maluti-A-Phofung PM > 2 000 Buite werking
Heilbron Ngwathe PM Skoon Skoon >1 000
Hertzogville Tokologo PM E. coli >1 000 kve >10 000 >1000
Kroonstad Moqhaka PM Fekale kolivormige bakterieë >1 000 >2 000 >1 000
Parys Ngwathe PM E. coli >20 000; 20 000 fekale kolivormige bakterieë Skoon >10 000
Reitz Nketoana PM >2 000 >10 000
Sasolburg Metsimaholo PM Skoon Skoon Skoon
Welkom Matjhabeng PM E. coli >1 000 > 10 000 >10 000
Winburg Masilonyana PM Fekale kolivormige bakterieë >1 000 > 4 000 >1000

 

Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se hoof van gemeenskapstrukture in die sentraalstreek.

“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word,” sluit Grobbelaar af.

As die bewaarder van water kom die Departement van Water en Sanitasie nie sy verpligtinge na deur wetgewing toe te pas wanneer munisipale owerhede die skuldige partye is nie. AfriForum versoek inwoners van die Vrystaat om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer. SMS “Skoon water” na 45350 (R1) en steun hierdie aksie.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN