Die vyf beskuldigdes in die 2014-moord op die voormalige Bafana Bafana-kaptein Senzo Meyiwa het vandag vir die tweede keer in die Boksburg Landdroshof verskyn waar die saak tot 5 Maart 2021 uitgestel is. “Ons is dankbaar dat die SAPD die afgelope paar maande bereid was om adv. Nel en AfriForum se privaatvervolgingseenheid by die ondersoek te betrek en die eenheid sal voortgaan om die saak in belang van geregtigheid te moniteer,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.