Die AfriForum-tak in Bethal het op 16 November ’n verroeste stopteken op die hoek van Malherbe- en Du Plooystraat vervang.
Die tak beplan ook om aandag te skenk aan straatnaamborde en ander beskadigde stoptekens in Malherbestraat. Verskeie van hierdie tekens se pale is skeef en gebuig en sal mettertyd ook verwyder en vervang word.
“AfriForum se Bethal-tak neem eienaarskap van ons omgewing en maak self die padtekens reg. Ons wag nie vir die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit nie,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.
Sluit vandag nog by AfriForum se Bethal-tak aan: SMS “Bethal” na 45350 (R1).