Vrystaat-brande
AfriForum het ’n projek geloods om die boeregemeenskap van die Wes-Vrystaat (Hertzogville, Boshof, Hoopstad, Dealesville en Bultfontein) te ondersteun ná vandeesweek se verwoestende brande.
Honderde stuks vee, waaronder beeste, skape en wild, het doodgebrand of moes van kant gemaak word.
Die brande het vermoedelike ontstaan nadat betogers op Sondag buitebande op die R708-pad aan die brand gesteek het.
Tot dusver het bykans 130 000 ha weiding afgebrand.
Jy kan help! Die Vrystaat-gemeenskap het jou hulp nodig.
Moenie die krag van gemeenskappe onderskat nie!
Hoe kan jy help?
1. Maak ’n skenking per EFT:
Rekeninghouer: AfriForum NPC
Takkode: 261550
Rekeningnommer: 62349898398
Bank: FNB
SWIFT-kode: FIRNZAJJ
Verwysing: Veldbrand
2. E-pos henk.maree@antiek.afriforum.co.za as jy voer of mielies kan skenk.
AfriForum sal ’n behoefteopname in die gemeenskap doen. Op grond hiervan sal AfriForum die gemeenskap bystaan met:
- ’n Boks vir ’n boer met noodsaaklike items
- Voer
- Ander skenkings