Header Artwork
AfriForum versoek ‘n vergadering met Pres. Cyril Ramaphosa

AfriForum versoek ‘n vergadering met Pres. Cyril Ramaphosa om die toekoms van die Afrikaner te bespreek.

Die President moet kennis neem van die feit dat die Senekal-gebeure en die toename in politieke wrywing in hierdie land oor die afgelope paar weke nie bloot die gevolg is van die moord op Brendin Horner nie. Ons beskou die tragiese dood van mnr. Horner – en van duisende ander wat in plaasaanvalle vermoor is – as ’n simptoom van ‘n dieperliggende probleem; van ’n gevoel van vervreemding onder Afrikaners wat ervaar dat die Suid-Afrikaanse regering hulle as tweedeklasburgers beskou.

Dit is waarom die president se onlangse brief aan die nasie en die vergaderings wat minister Bheki Cele gehou het nie voldoende is om die probleem van plaasaanvalkrisis op te los nie; dis ook nie genoeg om Afrikaners gerus te stel dat hul stem gehoor word as ’n gerespekteerde deel van samelewing nie.

Dis het die teenoorgestelde uitwerking: Die Afrikanergemeenskap voel nie net dat die plaasaanvalkrisis deur die regering misken word nie, maar dat dit ’n krisis is wat doelbewus deur die Suid-Afrikaanse regering geskep word as indirekte skade op die pad na wat die regerende party as die nasionale demokratiese revolusie beskryf.

Ope brief aan president Cyril Ramaphosa

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN