Header Artwork
Goeie samewerking lei tot ’n skoner omgewing

Lede van AfriForum se Velddrif-tak het op Donderdag 19 September 2019 saam met ander organisasies aan ’n strandskoonmaakprojek deelgeneem. Die strand is vanaf die mond by Laaiplek-hawe tot by Dwarskersbos skoongemaak. Hierdie strandskoonmaakprojek is ’n inisiatief van Cape Nature en Berg River Estuary Forum. Die GPF het ook aan die skoonmaakaksie deelgeneem.

“Die projek was ’n reusesukses en ons sien daarna uit om nog baie soortgelyke projekte in samewerking met ander organisasies aan te pak en ’n positiewe bydrae te lewer,” sê Chrisma Faulkner, voorsitter van AfriForum se Velddrif-tak.

Raak by AfriForum se Velddrif-tak betrokke: SMS “Velddrif” na 45265 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN