AfriForum het onlangs verskeie dorpe in die Hoogland-streek se water getoets om die gehalte van dorpe in dié streek se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.
AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater en rioolaanlegte. Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word.
“Ons kon vasstel dat alle dorpe in die gebied se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte egter deurlopend toets. Inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Jp Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.
Bloudruppelresultate
Dié resultate dui daarop dat al die dorpe in die Hoogland-streek se drinkwater wat getoets is, skoon is.
Hoogland |
||||||||
Tak | Munisipaliteit | Provinsie | Blou-druppel AfriForum 2014 | Blou-druppel AfriForum 2015 | Blou- druppel AfriForum 2016 | Blou-druppel AfriForum 2017 | Blou-druppel AfriForum 2018 | Blou-druppel AfriForum 2019 |
Bethlehem | Dihlabeng PM | Vrystaat | – | – | – | Skoon | Skoon | Skoon |
Bultfontein | Tswelopele PM | Vrystaat | – | – | – | Skoon | Skoon | Skoon |
Frankfort | Mafube PM | Vrystaat | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Harrismith | Maluti-A-Phofung PM | Vrystaat | – | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Kroonstad | Moqhaka PM | Vrystaat | – | – | – | Skoon | Skoon | Skoon |
Odendaalsrus | Matjhabeng PM | Vrystaat | – | – | – | Skoon | – | Skoon |
Reitz | Nketoana PM | Vrystaat | – | Skoon | Skoon | Skoon | – | Skoon |
Senekal | Setsoto PM | Vrystaat | – | – | – | – | Skoon | Skoon |
Welkom | Matjhabeng PM | Vrystaat | – | Skoon | Skoon | – | Skoon | Skoon |
Winburg | Masilonyana PM | Vrystaat | – | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Groendruppelresultate
Volgens AfriForum se groendruppelresultate voldoen die vyf rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.
Hoogland | ||||||||
Tak | Munisipaliteit | Provinsie | Groen-druppel AfriForum 2014 | Groen-druppel AfriForum 2015 | Groen- druppel AfriForum 2016 | Groen- druppel AfriForum 2017 | Groen- druppel AfriForum 2018 | Groen- druppel AfriForum 2019 |
Bethlehem | Dihlabeng PM | Vrystaat | – | – | – | – | >1 000
Fekale kolivormige bakterieë |
>1000
Fekale kolivormige bakterieë |
Bultfontein | Tswelopele PM | Vrystaat | – | – | – | – | – | Skoon |
Frankfort | Mafube PM | Vrystaat | – | – | – | >2500 | Skoon | >500 |
Harrismith | Maluti-A-Phofung PM | Vrystaat | – | – | – | Skoon | – | Skoon |
Kroonstad | Moqhaka PM | Vrystaat | – | 1 000 00 | – | – | >1000 Fekale kolivormige bakterieë | >1000 |
Reitz | Nketoana PM | Vrystaat | – | 2500 | – | >2500 | – | >1500 |
Welkom | Matjhabeng PM | Vrystaat | – | – | – | – | >1000
E. Coli |
>2000 |
Winburg | Masilonyana PM | Vrystaat | Skoon | 10000 | Skoon | Skoon | >1 000 Fekale kolivormige bakterieë | Skoon |
Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, dit sluit Bethlehem, Frankfort, Kroonstad, Reitz en Welkom in. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Nel.
Gee aan AfriForum die mandaat om die gehalte van jou dorp se water voortdurend te moniteer: SMS “Skoon water” na 31481(R1) om hierdie aksie te steun.
- Lees die volledige verslag hier.