Lede van AfriForum se Velddrif-buurtwag het op 5 Augustus 2019 opleiding in toneelhantering en patrollievaardighede ontvang. David Olivier, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die suidstreek, het die opleiding aangebied. Dié veiligheidsmodules het ten doel om misdaad in hul onderskeie gemeenskappe te bekamp en gemeenskapslede by te staan en weerbaar te maak.
“AfriForum is trots om hierdie tipe opleiding aan ons buurtwagte te bied. Dit bemagtig buurtwaglede om misdaad in hul gemeenskappe binne die raamwerk van die wet te bekamp,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.
Volgens De Jager is professionele opleiding noodsaaklik vir enige veiligheidstruktuur. “AfriForum se buurtwaglede moet te alle tye binne die raamwerk van die wet optree. Dit is verder belangrik dat buurtwaglede die korrekte opleiding ontvang – vir sowel hul eie as die gemeenskap se veiligheid.”
Raak vandag nog by AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke: SMS “Veiligheid” na 45351 (R1).