Header Artwork
Uitspraak voorbehou in saak teen AfriForum en Ernst Roets oor vlag-twiet

Uitspraak is voorbehou in die Suid-Gautengse hooggeregshof waar Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, vandag op aanklagte van minagting van die hof verskyn het.

Die klagte deur die Nelson Mandela-stigting (NMS) is ingedien nadat Roets ’n afbeelding van die ou Suid-Afrikaanse vlag getwiet het en gevra het of dit haatspraak is.

Die NMS het die hof versoek om Roets tronkstraf op te lê.

“Die NMS voer aan dat hulle dié saak dryf om versoening te bevorder. Tog eis hulle nou dat ’n burgerregteaktivis in die tronk gestop moet word oor ’n twiet. Dié gedrag is nader aan fascisme as aan versoening. Daar is baie krisisse en pyn in hierdie land. Die NMS kies egter om dit te ignoreer en hulle eerder op die onderdrukking van burgerlike vryhede toe te spits – boonop kwansuis in die naam van Nelson Mandela,” sê Roets.

Die datum waarop uitspraak gelewer sal word, is nog onbekend.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN