Deur: Alana Bailey
- Praat suiwer Afrikaans.
- Lees ’n Afrikaanse boek, tydskrif of artikel (sien https://antiek.afriforum.co.za/forum-tydskrif/).
- Plaas ’n gunsteling- Afrikaanse aanhaling op jou profiel.
- Ondersoek die programme van Afrikaanse organisasies.
- Koop ’n Afrikaanse boek (sien kraaluitgewers.co.za).
- Bespreek kaartjies vir ’n Afrikaanse konsert (sien https://www.dappermedia.co.za/produk-kategorie%C3%AB/tuiskonserte/).
- Koop of speel ’n Afrikaanse bordspeletjie.
- Probeer aan sinonieme dink vir Afrikaanse woorde wat jy baie gebruik, soos “lekker” en “mooi”.
- Koop ’n paar Afrikaanse tydskrifte en lewer dit af by ’n tehuis vir bejaardes of hospitaal om gesondheidswerkers te bederf.
- Skryf ’n brief of e-pos in Afrikaans vir iemand met wie jy lanklaas gesels het.
- Gee jou huis, meenthuis, woonstel of kamer ’n Afrikaanse naam.
- Teken iemand besonders in op ’n Afrikaanse tydskrif.
- Word ’n burger van Maroelafontein (sien https://maroelamedia.co.za/maroelafontein/).
- Koop, maak of dra ’n T-hemp met ’n treffende Afrikaanse sêding op.
- Laai ’n Afrikaanse speltoetser af, of as jy reeds het, werk dit by en maak seker dit werk goed.
- Gee ’n Afrikaanse kinderboek vir ’n kind present, of lees vir ’n kind ’n Afrikaanse storie.
- Beproef ’n Afrikaanse resep. As jy nie ’n Afrikaanse resepteboek het nie, soek een op die internet.
- Skryf ’n Afrikaanse gediggie vir iemand wat jy lief het.
- Maak ’n speellys van jou 20 gunsteling- Afrikaanse liedjies.
- Kyk ’n Afrikaanse fliek.