AfriVriendelik en AfriForum het op 19 Februarie 2020 – tesame met die viering van Internasionale Moedertaaldag wat jaarliks op 21 Februarie gevier word – innoverende Afrikaanse ondernemings tydens ’n glansgeleentheid in Pretoria beloon. Die Tinteltong Toekennings is vanjaar vir die vierde keer aangebied en het in 2016 die lig gesien toe slegs vier ondernemings met ’n pakkie in die pos beloon is vir wat hulle vir Afrikaans beteken.
“Só toekenning maak ’n groot verskil in ‘n onderneming soos myne wat nog jonk is. My kliëntebasis het begin groei bloot net omdat ek genomineer was vir ’n Tinteltong Toekenning en ek sien so uit om ’n pad saam met AfriVriendelik te stap,” sê Michelle Britz, ’n boervrou en entrepreneur van die Oos-Vrystaat.
Sy het haar besigheid, Michelle se Kombuis, ’n jaar terug begin om haar gesin te ondersteun deur die erge droogte en het gisteraand weggestap met die Tinteltong Toekenning vir smullekker kos in Afrikaans.
Die kategoriebenoemings vir 2020 was soos volg:
Tinteltong Toekenning vir die mooiste Afrikaanse naam:
Tamatiestraat
Dors
Storie mure
Sus & Boet
Wenner: Tamatiestraat
Tinteltong Toekenning vir ’n produk of diens gemik op babas of kinders – in Afrikaans:
Woelig
Kleine vlooi
Maaiki
Wenner: Woelig
Tinteltong Toekenning vir ’n kreatiewe slagspreuk – in Afrikaans:
Aitsa! {Eenvoudig stylvol}
RUAH {Koester jouself}
Kimono {Leef Kimono}
Sluk jou woorde {Elke sluk vertel ’n storie}
Wenner: Aitsa! {Eenvoudig stylvol}
Tinteltong Toekenning vir goeie diens – in Afrikaans:
Kuif & Baard
Petal’je
Berg en Dal-hondeherberg
Wiekus Viljoen privaat juwelier
Wenner: Kuif & Baard
Tinteltong Toekenning vir smullekker kos – in Afrikaans:
Michelle se Kombuis
Kooperasie Kroeg & Kos
Pure Plaas Mieliepap
Van der Linde Restaurant
Wenner: Michelle se Kombuis
Tinteltong Toekenning vir maklikste e-kopie – in Afrikaans:
Die Swartskaap
Komedie Winkel
Pure Dier
Die Bees
Wenner: Die Swartskaap
Tinteltong Toekenning vir ’n eg Afrikaanse produk:
BLIKIT
Die Timmerman en vroutjie
Griet & Kie
Kant & Krone
Wenner: BLIKIT
Tinteltong Toekenning vir sosiale media wat Afrikaans praat:
Pretpakkie
Flink.
Kwikstert
Frambroos
Wenner: Pretpakkie
Tinteltong Toekenning vir die mooiste handelsmerk – in Afrikaans:
Opgedollie
Waterbessiebos
Vinkel en Ko.
Hartelief
Wenner: Opgedollie
Tinteltong Toekenning vir ’n uitgewer wat ’n bydrae tot Afrikaans se voortbestaan lewer:
Protea Boekhuis
Malan Media
NB-Uitgewers
Naledi
Wenner: Protea Boekhuis
Tinteltong Toekenning vir nuweling van die jaar:
Kwikstert
Registreer jou onderneming vandag nog op www.afriforumnetwerk.co.za.