Innoverende Afrikaanse ondernemings is vanjaar op Internasionale Moedertaaldag tydens Afrikaans-Vriendelik, ʼn inisiatief van die burgerregte-organisasie AfriForum, se Tinteltong Toekennings bekroon. Die Tinteltong Toekennings word toegeken aan ondernemings of mense wat dienste in Afrikaans lewer of Afrikaans op welke wyse bevorder deur kreatief met die taal om te gaan.