Innoverende Afrikaanse ondernemings is gister op Internasionale Moedertaaldag tydens Afrikaans-Vriendelik, ʼn inisiatief van die burgerregte-organisasie AfriForum, se Tinteltong Toekennings bekroon.
Volgens Sanderien van der Walt, projekkoördineerder vir Afrikaans-Vriendelik, is Afrikaans lewendig in die sakewêreld.
“AfriForum het verlede jaar vasgestel dat tot 30% van die Suid-Afrikaanse mark en ondernemings hul dienste in Afrikaans wil aanbied. Met dié toekennings wil ons graag erkenning aan dié ondernemings gee wat inisiatief neem en Afrikaans deur hulle werksaamhede bevorder.”
Die benoemings en wenners in die onderskeie kategorieë vir 2017 is soos volg:
1. Tinteltong Toekenning vir die oorspronklikste naam: Streepsak, Vreesloos, Vreedtsaam Spitbraais
Wenner: Streepsak
2. Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste slagspreuk: Sluk jou Woorde (Elke sluk vertel ’n storie), Valhalla (Leef legendaries), De Afrikander (Produkte met kultuur)
Wenner: Sluk jou Woorde
3. Tinteltong Toekenning vir die beste handelsmerkontwerp: Bartho Eksteen Wijnskool, Boendoebaard, Fraai Meraai
Wenner: Fraai Meraai
4. Tinteltong Toekenning vir smullekker Afrikaanse kos: Die Bosvelder, Hinterland, PassiDeli
Wenner: Die Bosvelder
5. Tinteltong Toekenning vir die soetste nagrus: Diamantvallei, A’riki Country House
Wenner: Diamantvallei
6. Tinteltong Toekenning vir foto’s wat Afrikaans praat: Riandi du Plessis Fotografie, Stephanie van der Merwe
Wenner: Stephanie van der Merwe
7. Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste diens: MyGuru, Zero Plus, Tecleo Dataherwinning
Wenner: MyGuru
8. Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste e-kopie: M.Studio, Streepsak, Soya Dekor
Wenner: Streepsak
9. Tinteltong Toekenning vir trippeltoontjies (diens of produk wat op kinders gemik is): Jan-Pierewiet, Die Akkerboompie, Jaco Jacobs
Wenner: Jan-Pierewiet
10. Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste produk: Sluk jou Woorde, Sakkies Blinders, MyGuru
Wenner: Sluk jou Woorde
11. Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste produk – eie aan Afrikaans: Buffelsfontein Baard Olie, Vellies, InGowest Mini Kookware
Wenner: Buffelsfontein Baard Olie
12. Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste sosiale media: M.Studio, Valhalla, De Afrikander
Wenner: De Afrikander
13. Tinteltong Toekenning vir ’n uitgewer wat Afrikaans bevorder: Protea Boekhuis, Groep 7, Cederberg Publishers
Wenner: Protea Boekhuis
14. Tinteltong Toekenning vir snaaksighede in Afrikaans: Idees-vol-Vrees, Sluk jou Woorde, Buffelsfontein Baard Olie
Wenner: Idees-vol-Vrees
“Ons sien dié ondernemings en die verskil wat hulle maak, raak,” sê Van der Walt.
“In die lig van groot sukses en belangstelling in die toekennings en die aktiwiteite van Afrikaans-Vriendelik gaan ons beslis volgende jaar soortgelyke projekte aanpak.”