Header Artwork

Wenners van die AfriForum Sakenetwerk se Tinteltong Toekennings – wat jaarliks entrepreneurs vereer wat Afrikaans as dienstaal gebruik en uitbou – is pas bekend gestel. Volgens Sanderien van der Walt, bestuurder van die AfriForum Sakenetwerk, was dit vanjaar belangriker as ooit om entrepreneurs deur dié toekenningsgeleentheid te bemoedig en beloon. “Ondanks die terugslag wat die COVID-19-pandemie teweeggebring het, het talle entrepreneurs net eenvoudig nie opgee as ’n opsie gesien nie en volhard om personeel te betaal, kos op die tafel te sit en boonop Afrikaans as saketaal uit te bou.”

Daar is jaarliks 10 of meer nasionale Tinteltong-kategorieë en slegs een wenner per kategorie. Vanjaar is wenners egter streekgewys aangekondig, met ses wenners in die noodstreek (Gauteng, Mpumalanga, Noordwes en Limpopo), drie wenners in die sentralestreek (Vrystaat en Noord-Kaap) en vier wenners in die kusstreek (Wes-Kaap, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal). In elke streek is die nominasies in twee kategorieë verdeel, naamlik kreatief en korporatief en eerder as die bekende spogfunksie wat jaarliks slegs in Gauteng plaasvind, is drie kleiner gesellighede vanjaar in Pretoria, Bloemfontein én Stellenbosch aangebied.

Die noordstreek-wenners vir 2021 is:

Kreatief:

  • Anélia Prinsloo en Rhona Erasmus van Pienkvoet-Pret
  • Jaco en Nadine Vosloo van Tjhoko Paint
  • Jandré van Wyk en Lorenzo Pucciatti van Dra Afrikaner
  • Mia Botha van Miekeraai

Korporatief:

  • Donnavin Smit van DS Steelworks
  • Dúlinda Taljaard (Pieters) van EnterActive Productions

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN