Header Artwork
Tehuise en kerke in Morgenzon ontvang skoonmaakmiddels

AfriForum se Bethal-tak het saam met die Helpende Hand-tak in Morgenzon op 3 Desember skoonmaakmiddels aan kerke en tehuise in Morgenzon geskenk en versprei.

Hierdie skenking ter waarde van R8 000 sluit handreinigers en handewasseep asook ’n groot hoeveelheid skoonmaakmiddels soos bleikmiddels en skottelgoedseep in.

Dié skenking is aan AfriForum gemaak deur ’n anonieme donateur wat gevra het dat die organisasie dit versprei na areas waar dit benodig word. Daar is ook ’n soortgelyke skenking aan die Silwerjare-tehuis in Bethal gemaak.

“Organisasies soos tehuise en kerke kry finansieel baie swaar te midde van die COVID-19-pandemie en ’n skenking soos hierdie help om die las ’n bietjie ligter te maak,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder in Mpumalanga.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN