Header Artwork


Lede van AfriForum se Pretoria-Wes-buurtwag, die Tshwane-metro se kabeldiefstaleenheid en ’n privaat sekuriteitsmaatskappy het in die vroeë oggendure van 17 Maart twee voorvalle van kabeldiefstal in onderskeidelik Kerk- en Maundestraat gefnuik.

“Die puik samewerking tussen AfriForum, die metro se kabeldiefstaleenheid en die privaat sekuriteitsmaatskappy het daartoe gelei dat ons die kabeldiewe kon verjaag voordat enige kabels gesteel of beskadig is,” sê Francois Oberholzer, voorsitter van AfriForum se Pretoria-Wes-tak.
“Ons bedank elke buurtwaglid vir sy onbaatsugtige bydrae en tyd wat opgeoffer word om hierdie gemeenskap veiliger te maak,” sê Tiaan Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Noord.

Raak vandag nog by AfriForum se Pretoria-Wes-tak en -buurtwag betrokke: Stuur ’n e-pos na tiaan.oosthuizen@antiek.afriforum.co.za.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN