Header Artwork


AfriForum is van mening dat die polisieminister Nkosinathi Nhleko die publiek met die bekendmaking van die nuutste misdaadstatistiek vandag mislei het.

“Die minister voer aan dat hulle besig is om die stryd teen misdaad te wen, terwyl misdrywe soos kapings, huisroof en die roof van ondernemings met sowat 6,1% toegeneem het. Dit is juis dié misdade wat moet afneem, maar dit gebeur nie,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.
“Spesialiseenhede binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens is ’n oplossing wat kan help en beter aangewend kan word. AfriForum rig egter vandag opnuut ’n versoek aan gemeenskappe om by hul plaaslike buurt- of plaaswag aan te sluit in die poging om sélf veiligheid binne die raamwerk van die wet te bevorder.”

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN