“By ons plaas het ons nie probleme nie. Marius pas ons op, hy koop vir ons kos en kyk mooi na ons. Ons sukkel nie en by ons plaas beskerm ons mekaar,” sê Daniel Maluleka, ’n plaaswerker en onlangse plaasaanvalslagoffer. Maluleka en twee ander werknemers van Marius Smit, ’n boer in die Brits-omgewing, is in Oktober vanjaar deur gewapende mans op die Smits se plaas aangeval. Smit en sy gesin is self ook in 2013 slagoffers van ’n plaasaanval gewees.