Header Artwork


AfriForum se Phalaborwa-tak het op Vrydag, 26 Mei 2017 aan ’n groot skoonmaakprojek in dié dorp deelgeneem. Die projek is in samewerking met die Phalaborwa-besigheidskamer, die belastingbetalersvereniging en die Ba Phalaborwa Plaaslike Munisipaliteit van stapel gestuur.
Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo, is spesifieke areas wat die sigbaarste is, uitgesoek om skoon te maak.

“Deur goeie samewerking kan wesenlike verskille gemaak word,” sê Saartjie Matthysen, voorsitter die Phalaborwa-tak.

Die tak beplan om soortgelyke projekte deurlopend aan te pak om probleemgebiede skoon te maak, te herstel en te rehabiliteer.
AfriForum doen ’n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN