Header Artwork
Thabazimbi-Suid-tak versprei kospakkies

AfriForum se Thabazimbi-Suid-tak het verlede week gehelp om kospakkies aan behoeftiges in die omgewing van Kromdraai, Leeupoort, Koedoeskop en Rooiberg te versprei.

Die inhoud van die kospakkies word onder andere deur boere in die Thabazimbi-Suid-omgewing geskenk.

“Mense kry tans baie swaar. Dis belangrik dat gemeenskappe mekaar in tye van nood ondersteun en ophef. AfriForum is dankbaar vir elke skenking wat die tak bemagtig om lede van die gemeenskap te help,” sê Karen Bekker, waarnemende voorsitter van die Thabazimbi-Suid-tak.

“Daar is krag in gemeenskappe wat saamstaan. Die tak sal deurlopend by die verspreiding van voedsel betrokke wees,” sê Magdel Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN