Header Artwork


AfriForum se Kuruman-tak het 5 Maart 2018 ’n aansoek in terme van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (Wet no. 2 van 2000) (PAIA) gebring om vas te stel hoe die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit die dorp se geld spandeer.

“Die gemeenskap is diep ontevrede omdat instandhouding in die dorp nie gedoen word nie en die antwoord op enige navrae bloot is dat daar nie geld is nie. Ons wil verder uitvind of wyk 1-belastingbetalers se geld inderdaad in dié wyk spandeer word,” sê Pieter Serfontein, voorsitter van AfriForum se Kuruman-tak.

Die munisipaliteit het 30 dae om op hierdie aansoek te reageer.
Gee AfriForum se Kuruman-tak jou mandaat om die munisipaliteit aan te vat. SMS “Kuruman” na 32532 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN