Header Artwork


AfriForum het op 24 Januarie 2017 ’n dringende aksieplan van Kagiso Palagangwe, burgemeester van die Lekwa-Teemane Plaaslike Munisipaliteit, geëis rakende die terugbetaling van Eskom-skuld, sowel as algemene diensleweringskwessies. Die burgemeester het, ondanks verskeie probeerslae om hom te kontak, eers vanoggend sy foon geantwoord.

Palagangwe het tydens die oproep aan Willem van Vuuren, voorsitter van AfriForum se Bloemhof-tak, gesê dat hulle eers Vrydag op die navrae sal reageer en het daarna die telefoon doodgedruk. Van Vuuren het na afloop van die oproep ’n teksboodskap gekry wat lees: “We will respond on Friday.”
Volgens Alta Pretorius-Swart, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland, is dit duidelik dat die burgemeester glad nie op die gemeenskap se probleme ag slaan nie.

“Dit is waarskynlik dat hy nie antwoorde op hierdie vrae het nie. Van Vuuren sal vandag weer na die burgemeester se kantoor gaan en probeer om hom te siene te kry. AfriForum sal verdere stappe doen as die burgermeester nie konstruktiewe terugvoer gee nie. Die inwoners van Bloemhof kan nie meer die swak dienslewering verduur nie,” sê Pretorius-Swart.
“AfriForum onderneem om volgehoue druk op die munisipaliteit te plaas en doen ’n beroep op die gemeenskap om betrokke te bly. Hou asseblief die Bloemhof-tak se Facebook-blad vir verdere inligting dop,” sluit Pretorius-Swart af.

Wys jou steun vir AfriForum: SMS “Bloemhof” na 45344 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN