Header Artwork
Kuruman-tak, SAPD en ander staan saam om misdaad te bekamp   

Die AfriForum-tak in Kuruman se brandbestrydingspan het op 22 Augustus hande met die Kuruman SAPD en distriksraad gevat om ’n veld waar rowers en ander misdadigers gereeld wegkruip, te brand om sodoende misdaad in hierdie gebied te bekamp.

Verder het die AfriForum-buurtwag in dié dorp in samewerking met die SAPD en ander sekuriteitsmaatskappye van 09:00 tot 14:00 ’n patrollie gehou om die sigbaarheid van veiligheidstrukture in die omgewing te verhoog.

Een van die omliggende nedersettings se buurtwag het ook bystand gebied.

“Ons is ernstig oor die bekamping van misdaad en die beveiliging van ons gemeenskap. Ons is ook baie dankbaar vir goeie samewerking om dié gemeenskaplike doelwit te bereik,” sê Gerald Tonsieng, voorsitter van AfriForum se Kuruman-tak.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN