Header Artwork


Die AfriForum-tak in Vanderbijlpark se buurtwagspan het op Donderdag, 23 Augustus 2018 drie vermeende kabeldiewe betrap waar hulle besig was om ’n groot ondergrondse kabel in die dorp se NW7-area uit te grawe. Die persone is gearresteer en aan die SAPD oorhandig.

Cor Schönborn van dié tak se veiligheidspan sê: “Kabeldiefstal veroorsaak groot skade en verliese, nie net vir munisipaliteite nie, maar ook vir besighede wat van stabiele elektrisiteitstoevoer afhanklik is. Misdaad kan nie net deur die polisie bekamp word nie. Die bydrae van oplettende inwoners in ons dorpe is uiters waardevol. Raak betrokke en maak ’n verskil!” Hy bedank die publiek en die maatskappye A-Sec en EMS vir hul hulp om die vermeende diewe vas te trek.

Mense wat by dié tak se aksies en projekte betrokke wil raak, kan ’n e-pos na afriforumvdb@gmail.com stuur.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN