Header Artwork

In samehang met die viering van Internasionale Moedertaaldag, wat jaarliks op 21 Februarie gevier word, beloon Afrikaans-Vriendelik innoverende Afrikaanse ondernemings.
Die Tinteltong Toekennings word daarom gegee aan besighede of mense wat dienste in Afrikaans lewer of Afrikaans bevorder deur kreatief met die taal om te gaan.
In 2016 was daar slegs vier kategorieë waarin ondernemings benoem kon word. In 2017 spog die Tinteltong Toekennings met ’n allemintige 14 kategorieë en moet die wenners se kreatiwiteit behoorlik tydens ’n toekenningsgeleentheid gevier word.
AfriForum het in 2016 vasgestel dat 30% van die Suid-Afrikaanse mark Afrikaans is en wil voortgaan om ondernemings wat dienste in Afrikaans aanbied, te beloon. AfriForum hoop dat die wenners ander ondernemings en mense ook sal aanspoor en inspireer om in die taal van hul hart besigheid te doen.
Die benoemings en wenners in die onderskeie kategorieë vir 2017 is soos volg:

  1. Tinteltong Toekenning vir die oorspronklikste naam: Streepsak, Vreesloos, Vreedtsaam Spitbraais

                Wenner: Streepsak

  1. Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste slagspreuk: Sluk jou Woorde (Elke sluk vertel ’n storie), Valhalla (Leef legendaries), De Afrikander (Produkte met kultuur)

                Wenner: Sluk jou Woorde

  1. Tinteltong Toekenning vir die beste handelsmerkontwerp: Bartho Eksteen Wijnskool, Boendoebaard, Fraai Meraai

               Wenner: Fraai Meraai

  1. Tinteltong Toekenning vir smullekker Afrikaanse kos: Die Bosvelder, Hinterland, PassiDeli

               Wenner: Die Bosvelder

  1. Tinteltong Toekenning vir die soetste nagrus: Diamantvallei, A’riki Country House

                Wenner: Diamantvallei

  1. Tinteltong Toekenning vir foto’s wat Afrikaans praat: Riandi du Plessis Fotografie, Stephanie van der Merwe

                Wenner: Stephanie van der Merwe

  1. Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste diens: MyGuru, Zero Plus, Tecleo Dataherwinning

                Wenner: MyGuru

  1. Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste e-kopie: M.Studio, Streepsak, Soya Dekor

                Wenner: Streepsak

  1. Tinteltong Toekenning vir trippeltoontjies (diens of produk wat op kinders gemik is): Jan-Pierewiet, Die Akkerboompie, Jaco Jacobs

                Wenner: Jan-Pierewiet

  1. Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste produk: Sluk jou Woorde, Sakkies Blinders, MyGuru

                Wenner: Sluk jou Woorde

  1. Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste produk – eie aan Afrikaans: Buffelsfontein Baard Olie, Vellies, InGowest Mini Kookware

                Wenner: Buffelsfontein Baard Olie

  1. Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste sosiale media: M.Studio, Valhalla, De Afrikander

                Wenner: De Afrikander

  1. Tinteltong Toekenning vir ’n uitgewer wat Afrikaans bevorder: Protea Boekhuis, Groep 7, Cederberg Publishers

                Wenner: Protea Boekhuis

  1. Tinteltong Toekenning vir snaaksighede in Afrikaans: Idees-vol-Vrees, Sluk jou Woorde, Buffelsfontein Baard Olie

                 Wenner: Idees-vol-Vrees
AfriForum wil graag al die wenners, sowel as die benoemde ondernemings of persone, geluk wens met die groot prestasie en moedig hulle aan om voort te gaan om uitstekende dienste en produkte in Afrikaans aan te bied.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN