“Ons weet tydens die COVID-krisis, en met die ekonomiese afname, is dit ‘leeu-wêreld’ daarbuite. Hierdie entrepreneurs is egter leeus wat baie hard, en boonop in Afrikaans, in die sakewêreld brul. Daarom is dit vir ons ’n voorreg om saam met hulle te werk en vir hulle die nodige erkenning te gee,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum oor vanjaar se Tinteltong Toekennings.