Humor en liefde het beide vanjaar in die kusstreek gewen. Die akteur Armand Aucamp se nuwe toep, Koer, en Kobus Galloway van Idees Vol Vrees het elkeen ’n Tinteltong in die kreatiewe kategorie gewen. “Dit is vir ons Koer-span ’n riem onder die hart dat ons ’n bydra kan lewer tot ons taal en die ontwikkeling daarvan en boonop deur ’n groot instansie soos AfriForum raakgesien word,” sê Aucamp oor dié toekenning.