“Ek dink nie ek sou dit sonder AfriForum se reaksie- en Trauma-eenheid gemaak het nie. Die hulp en ondersteuning wat ek gekry het, was uitmuntend. Ek kan nie genoeg dankie sê nie,” sê Johann Brandt, ‘n plaasaanvalslagoffer van die Brits-omgewing wat deur AfriForum se Trauma-eenheid ondersteun word. Die #HardloopVirHoop-projek is Vrydag suksesvol afgesluit met ‘n spog-funksie by die Thatch Haven Country Lodge in Brits nadat Bennie Roux, Daleen Cilliers en Henno Malan 100 km ter bewusmaking van plaasaanvalle en -moorde afgelê het.