Header Artwork


Die AfriForum-tak in Potchefstroom gaan hom vir die volgende tien maande op die herstel van slaggate in dié dorp toespits.
Hendrik Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Noordwes, sê die tak beoog om nagenoeg 500 slaggate reg te maak.
Dirk Venter, gemeenskapslid en hoof van die tak se plaaslikeregeringsakeportefeulje, het met dié inisiatief begin deur self slaggate regoor die dorp op eie onkoste te herstel.

“Dit is vir my ’n voorreg om hierdie projek nou saam met AfriForum aan te pak. Ons beplan om elke maand sowat 50 slaggate reg te maak,” sê Venter

Oosthuizen sê dat die Potchefstroom-tak ook alle AfriForum-takke landwyd aanmoedig om soortgelyke projekte aan te pak.

“Ons kan nie toekyk hoe ons dorpe se infrastruktuur agteruitgaan nie. Ons moet self oplossings nastreef en implementeer,” sluit Oosthuizen af.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Gat” na 45351 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN