Header Artwork
Geregtelike ondersoek na vlammedood van Deedat-gesinslede gaan in Februarie voort

Die geregtelike doodsondersoek (GDO) na die vlammedood van Suraya Deedat en haar vier kinders in 2011 sal op 10, 11, 15 en 16 Februarie 2021 in die Johannesburgse Landdroshof voortgaan. Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, verteenwoordig Suraya se familie hierin. In Februarie sal ’n branddeskundige, versekeringsassessor, ’n familielid van Naeem Deedat (Suraya se man en die persoon van belang in die ondersoek), asook lede van die SAPD geroep word om te getuig.

Die kruisondervraging van Nazeema Ahmed, Suraya se ma, is vandag afgehandel.

“AfriForum se privaatvervolgingseenheid hoop dat die GDO sal lei tot geregtigheid vir Suraya se familie en dat die hof sal las dat die Nasionale Vervolgingsgesag vervolging moet instel. Dit is belangrik dat AfriForum by sake soos hierdie betrokke raak, omdat geregtigheid moet geskied vir hierdie gesin wat al nege jaar wag op antwoorde oor wat daardie aand gebeur het,” sê Natasha Venter, adviseur by AfriForum se privaatvervolgingseenheid.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN