Die Pionier Dienstemaatskappy het die waterwerke in Koster oorgeneem. Daar was ’n hofstryd tussen die inwoners en die munisipaliteit oor die swak dienslewering ná daar by tye vir weke op ’n slag nie water aan inwoners gelewer is. Hierna het die inwoners self die waterwerke oorgeneem en reggeruk. Pionier is intussen aangestel ná die munisipaliteit weer vir ’n week die dienste oorgeneem en misluk het. “Ons hoop om ’n volhoubare model in plek te stel wat ook by ander dorpe gebruik kan word om swak dienslewering reg te ruk,” sê Johan Kruger, die voorsitter van Pionier.
Soek
Onlangse nuus
- Forum Nuus: Die week se blitsflits
- AfriForum verwelkom rehabilitasie van Vryburg-vullisterrein
- Forum Nuus: Forum Sekuriteit wil veiligheid by skole verseker
- AfriForum se Belfast-tak kies nuwe bestuur
- AfriForum inspekteer Modimolle-rioolaanleg
- AfriForum dien korrupsieklag teen Fikile Mbalula en Departement van Vervoer in
- Tatjana en Bianca in ekstase oor prysgeld en steun van publiek
- Bring jou klein “prins” of “prinsessie” vir kinderboekvoorlesing by die AfriForum Teater
- Nuwe kameras help om Malalane te beveilig
- Stop lisensie-uitbuitery!