Die eerste AfriForum Sport vir Hoop-pretloop is vandag by die Voortrekkermonument aangebied. Ronald Peters, AfriForum se bestuurder vir Sport, het die byeenkoms as ‘n groot sukses bestempel en die hoop uitgespreek dat daar binnekort soortgelyke pretlope by al AfriForum se takke aangebied sal word.