Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het gister ’n lesing by die Voortrekkermonument gelewer waarin hy verduidelik het hoekom dit nie so eenvoudig is om ons voorouers vir hul ondersteuning van apartheid te veroordeel nie. Hy het genoem dat ’n mens jou in die skoene van die mense van daardie tyd moet plaas voor jy hul besluite as reg of verkeerd uitkryt. Hy het ook gesê ons voorouers het veel groter uitdagings as dié wat ons nou het oorkom en dus kan ons nog baie vermag, ondanks die ANC-regering se vergrype.