Header Artwork

AfriForum het ’n dispuut met MultiChoice verklaar na aanleiding van die inkonsekwente toepassing van dié televisiemaatskappy se politieke beleid. Dít volg nadat MultiChoice aangekondig het dat hulle beleid is om nie blootstelling te gee aan persone wat verdelende uitsprake maak nie, maar hierdie beleid word slegs met betrekking tot een individu toegepas.

Waar MultiChoice onlangs aangekondig het dat hulle sensuur met betrekking tot die kunstenaar Steve Hofmeyr gaan toepas deur geen beeldmateriaal van hom te publiseer nie, word geen stappe gedoen teen ander kunstenaars wat aktief geweld en rassehaat teen minderhede op sosiale media aanmoedig nie. AfriForum eis ook dat MultiChoice alle borgskappe aan organisasies en partye – insluitend die ANC – wie se verteenwoordigers verdelende uitsprake maak, summier staak.

Die kunstenaar Ntsiki Mazwai publiseer gereeld rassistiese en aanhitsende kommentaar teenoor minderhede op sosiale media, maar is onlangs as aanbieder van die kletsprogram Show me Love aangestel, wat op Moja Love (kanaal 157 op DSTV) uitgesaai word

  • Op 6 November 2017 het Mazwai getwiet: “With all the whites assaulting blacks..does it make it fairground to go on a white beating spree? Beat them bonke man, woman or child?” (sic).
  • Op 18 Februarie 2018 het Mazwai getwiet: “There is no such thing as White Excellence…only thing whites are excellent at is stealing and copying” (sic)
  • Op 1 Februarie 2019 het Mazwai na aanleiding van die tragiese insident waar kinders van Hoërskool Driehoek weens die ineenstorting van ’n brug gesterf het, getwiet: “guys it’s an afriforum school….” (sic).
  • Op 20 Maart 2019 het Mazwai getwiet: “When you learn the history of Afrika…….and it’s indigenous people. The people who actually BELONG here . You know In other African countries whites were escorted to the their ships. One day that’s gonna happen here too” (sic)
  • Later dieselfde dag, op 20 Maart 2019 het Mazwai getwiet: “Don’t ever forget: WHITES LIE!!!!” (sic)

AfriForum het daarom ’n dispuut met MultiChoice verklaar en eis ingevolge die dispuut dat die maatskappy se politieke beleid óf hersien óf konsekwent toegepas moet word.

Joe Heshu, MultiChoice se uitvoerende hoof van korporatiewe sake, het in ’n verklaring gesê dat MultiChoice verbind is tot die bou van ’n nierassige samelewing en enige handelinge van diskriminasie ten sterkste veroordeel. 

MultiChoice borg gereeld byeenkomste van die ANC se Progressive Business Forum en het ook in Februarie vanjaar die EFF se galadinee geborg.

AfriForum moedig lede van die publiek aan om hul stemme tot die dispuut met MultiChoice te voeg deur die dispuut hier te onderteken:

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN