Header Artwork
Departement van Basiese Onderwys bevestig dat geen leerder gedwing sal word om teen COVID-19 ingeënt te word nie

Die Departement van Basiese Onderwys het vandag skriftelik aan AfriForum bevestig dat geen leerder verplig sal word om die COVID-19-entstof te ontvang nie. Dít volg nadat die burgerregteorganisasie vroeër vandeesweek in ’n skrywe aan die Departement duidelikheid versoek het oor die stelling wat die Departement luidens ’n mediaverklaring gemaak het dat ouers en voogde van leerders verplig sal word om te registreer as deel van die Departement van Gesondheid se beplande inentingsprogram.

“AfriForum verwelkom die Departement se reaksie, aangesien ons steeds die standpunt handhaaf dat dit elke persoon se keuse is of hy/sy of sy/haar kinders die entstof wil ontvang. Ons sal daarmee voortgaan om ons rol as burgerregtewaghond te vervul deur te verseker dat die regering op geen manier verpligte inenting probeer afdwing nie,” sê Natasha Venter, bestuurder vir onderwysregte by AfriForum.

 

 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN