deur AfriForum | Sep 11, 2019 | Mediaverklarings, Buurtwag Mediaverklarings
Samewerking tussen AfriForum se Nuwerus-plaaswag en die SAPD in Malmesbury het op 9 September 2019 tot die suksesvolle arrestasie van twee Japannese burgers gelei wat vermoedelik skaars reptiele in Namakwaland stroop en dan uitvoer. Die groot gordelakkedis, ook bekend...
deur AfriForum | Sep 10, 2019 | Mediaverklarings, Buurtwag Mediaverklarings
Die AfriForum-buurtwag in Secunda het op 8 September 2019 gehelp om ’n dronkbestuurder vas te trek nadat ’n oproep op Zello 911 24/7 Assist ontvang is waarin hulp gevra is om ’n voertuig wat ’n gevaar vir ander padgebruikers inhou, af te trek. Die buurtwag en lede van...
deur AfriForum | Sep 6, 2019 | Mediaverklarings, Buurtwag Mediaverklarings
Die AfriForum-buurtwag in Kuruman het in samewerking met verskeie ander rolspelers op 3 September 2019 ’n gevangene wat uit die landdroshof in Kuruman ontsnap het, vasgetrek. Die gevangene het op 2 September 2019 omstreeks 09:30 uit die landdroshof ontsnap nadat sy...
deur AfriForum | Sep 6, 2019 | Mediaverklarings, Buurtwag Mediaverklarings
AfriForum se Roodepoort-buurtwag het op 2 September 2019 drie verdagtes vasgetrek. Een verdagte is in die vroeë oggendure tydens ’n patrollie aangekeer. ’n Patrollielid het die verdagte – wat besig was om by ’n huis in te breek – op heterdaad betrap en gearresteer....
deur AfriForum | Sep 5, 2019 | Mediaverklarings, Buurtwag Mediaverklarings
AfriForum se Oos-Moot-, Wes-Moot- en Pretoria-Wes-buurtwag het op 1 September 2019 ’n sigbaarheidspatrollie by die Zandfontein-begraafplaas gehou nadat gemeenskapslede AfriForum ingelig het dat hulle onveilig voel by begraafplase. AfriForum het met ’n peiling op...
deur AfriForum | Sep 5, 2019 | Mediaverklarings, Buurtwag Mediaverklarings
Die Endicott-plaaswag, verbonde aan AfriForum se Springs-tak, het op 24 Augustus 2019 ’n padveiligheidsaksie van stapel gestuur. Tydens hierdie aksie is verskeie stoptekens, spoedhobbels en padtekens, in samewerking met die Lesedi Plaaslike Munisipaliteit, opgeknap....