Die AfriForum-teater het vandag op ’n hoogtepunt sy deure geopen. Dié teater, met plek vir meer as 380 teatergangers, is in die hartjie van Menlopark in Pretoria geleë. Die akteur Frank Opperman het vandag die skrywer en dramaturg Dana Snyman se gewilde Donkie...
Manna vir die Boere is vanjaar weer volstoom aan die gang om boere in nood te help. Daar is reeds 35 vragte voer by boere in verskeie gebiede in die land afgelewer. Dis veral boere in die droogte geteisterde Karoo wat by die skenkings baat gevind het. Boere in die...
Die mielies in die lande van die gemeenskap van Nogas Post staan al ongeveer twee meter hoog. AfriForum en verskeie ander organisasies het verlede jaar handjie bygesit om die gemeenskap te help om ‘n suksesvolle projek aan die gang te sit om voedselsekerheid te...
“Ons weet tydens die COVID-krisis, en met die ekonomiese afname, is dit ‘leeu-wêreld’ daarbuite. Hierdie entrepreneurs is egter leeus wat baie hard, en boonop in Afrikaans, in die sakewêreld brul. Daarom is dit vir ons ’n voorreg om saam met hulle te werk en vir hulle...
Humor en liefde het beide vanjaar in die kusstreek gewen. Die akteur Armand Aucamp se nuwe toep, Koer, en Kobus Galloway van Idees Vol Vrees het elkeen ’n Tinteltong in die kreatiewe kategorie gewen. “Dit is vir ons Koer-span ’n riem onder die hart dat ons ’n...
Wenners van die AfriForum Sakenetwerk se Tinteltong Toekennings – wat jaarliks entrepreneurs vereer wat Afrikaans as dienstaal gebruik en uitbou – is pas bekend gestel. Volgens Sanderien van der Walt, bestuurder van die AfriForum Sakenetwerk, was dit vanjaar...