Die AfriForum-tak in Bethal het op 24 Februarie 2021 gehelp om die dorp se polisiestasie op te ruim. Dit volg nadat SAPD-lede met die tak gepraat het oor die algehele netheid van gedeeltes van die perseel.
Die stasie het nie die nodige toerusting om die hele perseel netjies te hou nie en die gras het met die onlangse reën baie lank geword. Daar is ook ’n verskeidenheid indringerbome wat besig was om die area oor te neem. Danksy dié AfriForum-tak se hulp is al hierdie spesies afgekap en die gras ook gesny.
AfriForum se Bethal-tak het van Kaka-Lai se dienste gebruik gemaak om die tuinvullis te verwyder.
“Ondanks verskeie uitdagings is ons bly dat ons die SAPD kan help om hulle perseel mooi te maak,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.
Raak by jou naaste AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45350 (R1).